MARANATHA

 
HOE GOD WIL Hê EK MOET LEWE
 
 
*Sing tot eer van die Here, prys Hom vir jou oorwinnings. (Rigters 5:3)
 
* Moenie stilbly as jy namens God moet praat nie. (Jeremia 1:4-19)
 
*Nie Godsdienstigheid nie, maar ware toewyding. (Miga 6:8)
 
*Leef deur die krag van die Heilige Gees. (Romeine 8:9)
 
*Leef die Bergpredikasie. (Mattheus 5-7)
 
 
HOE MAAK EK GOD DIE MIDDELPUNT VAN MY LEWE?

* Fokus op God se beloftes. Gehoorsaam God – as Hy sê “gaan”, los alles en gaan dadelik. (Gen 12:1-7)

* Naastediens – Dien ander mense met God voor oë. Dien ander mense met dieselfde doelstellings en ingesteldheid as wat Christus gehad het. “Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen” (Mat 25:40)

* Vra ander gelowiges om jou te help. Jy moet dien, vas, bid en jou vir Hom afsonder. “Nadat die gemeente gevas en gebid en die hande opgelê het, het die gemeente hulle laat gaan” (Handelinge 13:1-5)

* Lewe deur die Gees en wandel deur die Gees. Dra vrugte van die Gees. Stel jou oop vir die teenwoordigheid en invloed van die Heilige Gees. Maak jou hart wyd oop vir die werk van die Heilige Gees. Bid dat God jou gedagtes sal vernuwe. “Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal” (Gal 5:16-26)

*Dink mooi en kies reg.

Vermy onheilige en onsinnige praatjies

Doen afstand van ongeregtheid

Jaag na geregtigheid, geloof, liefde en vrede

Moenie twis nie, maar wees vriendelik

*Leer ken Christus Jesus baie goed. Bly in God se leer. (2 Joh 1:9)

-Gedeeltelike uittreksels vanuit die Leefstyl Bybel vir vroue-

No comments:

Post a Comment