SENDELINGE





Makwe Mission Quionga

Mozambique –                   

Gebedsbrief 4/2015            Webblad:  www.gcx.org/Makwe_Mission

______________________________________________________________________________

 

So het ons dan veilig tuis aangekom op die 28ste Maart.  Ja, alweer ‘n maand hier!  Hier aangeheg is ‘n kort foto-opsomming van ons reis noord. 

 


 

Ons het reeds die oggend van die 28ste Februarie uit Worcester vertrek en het nog 3 gemeentebesoeke gehad voordat ons die grens op 16 Maart oorgesteek het.  Ons het ‘n paar dae in Maputo spandeer en kon vir Anzell help om ‘n karretjie te koop.  Ons was aanvanklik baie skepties aangesien sy laas in 2010, toe sy haar lisensie gekry het, regtig bestuur het.  Na die ontvangs van die voertuig die Maandag het sy die stuurwiel vasgevat en om die blok begin ry, met Anna-Marie saam met haar, om te oefen.  Ons het die Woensdagoggend vertrek en sy het iemand anders gekry om saam met haar te ry.  Gelukkig was dit skoolvakansie en het sy tyd gehad om te oefen.  Anzell het nog nie weer teruggekyk na haar vervoerlose dae nie!

 

Ons het uitgewerk dat vandat ons uit Worcester vertrek het, totdat ons tuis in ons eie bed kon slaap, ons van 11 beddens gebruik gemaak het!!

 

TUISKOMS

Na ons tuiskoms was daar eers ‘n paar dinge wat ernstige en onmiddellike aandag vereis het.  Die belangrikste – ons waterstelsel.  Die sonpomp het ophou werk terwyl ons weg was en die nuut-gediensde een wat ons weer saamgebring het moes in die put kom, want daarsonder sou ons nie water hê nie.  Andre het eerstens probeer om die elektriese pomp aan die gang te kry, want dit sou die water vinniger in die tenk kry.  Dit was ook eers ‘n gesukkel om die pomp te bloei en aan die pomp te kry, nadat dit vir baie maande nie gebruik is nie.  Uiteindelik was alles aan die gang en na ‘n paar uur het Andre weer die toring bestyg om te sien of die tenk darem naby vol is.  Feitlik nog leeg!! Na al die tyd?  Nou eers soek waarheen die water verdwyn.  Anna-Marie gaan kyk by die ablusieblokke en dit is toe daar waar al die water uitloop.  Iemand het die buitekraan se pyp gebreek en die water stroom daar uit.  Nadat daardie stopkraan toegedraai is, kon ons weer fokus daarop om water binne-in die tenk te kry!

Ons het ook gehoor van ‘n debat tussen Christene en M*slems wat weer gereël is in Palma.  Ons het, saam met die sendelingegpaar in Palma, begin bid teen hierdie debat.  Ons het later uitgevind dat Momadi en die Tanzaniese sendeling met wie hy ‘n verbintenis het, die ander kerke oorreed het om die debat te reel.  Hulle het iets soos 7 kerke geidentifiseer wat elkeen 5000 mets (ongeveer R1750) moet bydra.  Dit is nou om die kostes te dek van die persone wat die debat moet kom voer.  En daarvoor nooi hulle ‘n predikant van Tanzanie en ook ‘n M*slem geleerde van Tanzanie.  By navraag of hier dan niemand in Mosambiek is wat hulle kan nooi nie, is die antwoord dat die predikante in Tanzanie regtig die Kor’an ken!  En dit is nou ons werk om die Kor’an te bestudeer en daaruit debatte te voer??  Die M*slem leier in Palma het egter geweier om die aansoek te teken wat aan die regering moes voorgelê word.  Die man in Palma, wat die meeste druk vir sulke debatte, het egter voortgegaan en self die aansoek geteken. 

 

By ‘n vorige kuier met Chimeta en Serafina het hulle ons vertel dat die debat nie gaan plaasvind nie, want die Makwe mense van Palma stel nie belang nie.  Die predikant van die Evangeliese Kerk Palma het egter vir Andre gesê dat die debat steeds voortgaan, aangesien die regering toestemming gegee het daarvoor.  Die administrateur het ook blykbaar geweier dat die debat plaasvind waar alle openbare vergaderings gehou word.  Hy het gesê hulle moet die debat in die woonbuurt gaan hou.  Daaroor bestaan daar nou ook ongelukkigheid omdat daar nie baie mense sal opdaag nie! Ons bid steeds, en vra dat julle ernstig saambid, dat hierdie debat nie sal plaasvind nie.  Dit het vir ons geen sin nie en bring net verdere verdeeldheid en blaas reeds-opgeblase egos verder aan. 

 

ONTWIKKELING

Dan het krag en straatligte nou ook ons dorp bereik.  Stadig nou, net voordat julle dink dat die beskawing ons nou oorval.  Dit is sonpaneel ligte!  Daar is omtrent tien van hulle opgesit in die dorp om te dien as straatligte, maar hulle is geensins naby genoeg aan mekaar om lig deur die hele dorp te versprei nie. 

 



 

 

Dan het van die staatsamptenare stelsels vir hulle huise gekry.  Dit het ligte binne-in die huis en ook een buitelig.  Die chefe do posto het blykbaar ‘n vrieskas ook gekry, maar hy is steeds nie tevrede nie, want nou, volgens hom, vries die water binne vyf minute!  Dit is baie goeie stelsels, met uitstekende batterye, maar nie te koop nie.  Andre het gaan uitvind of hy dalk twee sulke stelle kan aankoop om in ons werkers se huise te sit.  Daar is ook sekere winkeleienaars wat stelsels ontvang het, insluitend ‘n vrieskas.  Daar is egter ‘n voorwaarde aan verbonde en hier het heelwat aansoekers uitgeval.  Die stelsels is slegs geinstalleer by persone wat sinkdakke op hul huise het.  Daar is ook ‘n stelsel by die kliniek geinstalleer en ons het getel dat hulle ‘n bank van 24 batterye het, insluitend ‘n vrieskas.

Ons kon tot op datum nog nie uitvind of die stelsels nou die eiendom van die gebruiker word nadat hulle vir ‘n sekere tyd betaal het en of dit die eiendom van die installeerder bly en die gebruiker dit slegs huur. 

 

KIND GESTEEL!!

Familie van een van die gesinne in die kerk, se kind is gesteel.  Nee, nie deur sindikate of sulke goed nie.  Deur die M*slems.  Geskiedenis:  Die kind het getrou met ‘n man in Tanzanie en het daar gebly.  Sy het dikwels vir haar familie hier kom kuier.  Laasjaar het sy op ‘n stadium hier aangekom en net nooit weer teruggekeer na haar man nie.  Ons het aangeneem dat hulle geskei is.  Dit is egter toe nie die geval nie.  Hulle het blykbaar probleme gehad en hy het vir haar gesê sy kan hierheen kom en dinge kom bedink en dan besluit hoe sy wil maak.  Dit is nou ‘n kind van ongeveer 19 (wat reeds ‘n voorhuwelikse swangerskap gehad het en waar die kind doodgebore is) en toe getroud is en ‘n kind by die man het. 

Hier het die M*slems haar ingehark en sy het blykbaar haar Katolieke wortels agtergelaat.  Sy is getroud in ‘n klandestiene seremonie een aand.  Troues hier vind gewoonlik soggens plaas!  Om met M*slems te praat oor wat hier gebeur het is nogal ‘n uitdaging.  Vra jy ‘n vraag kry jy ‘n antwoord, vra jy ‘n vraag daarop kry jy ‘n antwoord wat die vorige antwoord weerspreek!  Hulle mening is dat sy ‘n M*slem geword het en daarmee is haar hele verlede uitgewis.  Sy het nie meer ‘n man nie!  Op die vraag hoekom haar ouers nie geraadpleeg is nie?  Haar pa het nooit met haar ma getrou nie, so hy word nie in ag geneem nie!  Op die vraag hoekom hulle nie haar ma geraadpleeg het nie, het hulle hulself weerspreek.  Die ma volgens hulle is ook nie belangrik nie, dit terwyl sy self ‘n M*slem is (omdat sy ‘n man wou trou!).  Die kind se pa en man is blykbaar ingelig en geroep om te kom.  Ons hoor toe Maandag dat die kind se pa Saterdag oorlede is en reeds Sondag begrawe is.  In hierdie gemeenskap waar toordery ‘n groot rol speel, is dit nogals baie toevallig!

 

UITDAGINGS:


Lewe hier het maar steeds sy uitdagings elke dag.

 

Siekes, gewondes en gebrandes kom nog daagliks.  Met die bydraes van twee gemeentes is dit egter vir ons moontlik om hulle te help. 

 

 

Die rysoes hierdie jaar is bietjie later as vorige jare en daar het nog nie baie mense gekom om te kom vra vir hulle produkte wat moet vervoer word nie. 

Dinge in die sones het lelik skeefgeloop met Momade wat daar moes werk.  Ons moet nou weer van voor af verhoudings bou wat afgebreek is.  Julle kan saambid vir die leiers van die sones en dat hulle nou sal vorentoe kyk en vergeet van die tyd wat Momade veronderstel was om daar te werk, maar eintlik net gif gesaai het.  Die sones moet nou weer van nuuts af opgebou word en ons moet ‘n program uitwerk vir ouderlingopleiding, opleiding van Sondagskool onderwysers en algemene lering aan gemeentelede.

Verder is daar ook aanvalle op ander vlakke. 

 

Daar is by ons vraghouer (met al ons eenvoudige aardse besittings) ingebreek.  Ons weet nie wat gesteel is nie.  Andre sê gelukkig was dit deurmekaar, anders het hulle lekker ingestap en “shopping gedoen”!  Dit nadat ons voor ons vertrek uitgevind het dat iemand probeer inbreek het en toe twee “disc locks” daar gaan opsit het.  Ons moes die een wat op was, en deur hulle beskadig is, met ‘n hoeksnyer afsny!  Wat het hulle gebruik?

Dan is daar iemand van buite wat ons probeer diskrediteer met vals beskuldigings.  Hy het ons stuurgemeente gebel en beweer hy het ander gemeentes ook geskakel. Ons wil nie ingaan op watter bewerings rondgeslinger is nie, maar wil net duidelik sê dat dit nie waar is nie.  Die saak is uitsorteer en ons is dankbaar daaroor.  En ons hoop dat dit die einde daarvan is!

Ons sukkel nog om weer die groentetuin aan die gang te kry.  Daar is darem al so ses rye geplant en ook die beet en wortels in twee blokke.  Ons saad wil net nie lekker ontkiem sodat saailinge aan die gang kan kom nie.

 

 

Gebedsversoeke:  

·         Dat ons elke geleentheid sal aangryp om die liefde van Jesus te leef

·         Ons stuurgemeente beplan ‘n uitreik gedurende Julie

·         Beplanning met die sones vir opleiding op verskeie vlakke

 

 

Danksegging: 

·         Goeie gesondheid 

·         Vir Sy beskerming met ons reise deur en vanaf Suid-Afrika tot hier in Quionga

·         Dat paaie en  brûe almal begaanbaar was op ons reis noord

·         Vir ondersteuning wat ons ontvang; gebedsondersteuning van gemeentes asook individue

·         Vir gemeentes en individue se finansiele ondersteuning van God se werk in Mosambiek

·         Dat ons Anzell kon bystaan met die aankoop van ‘n voertuig

 

In Christus

 

 

Andre & Anna-Marie Thiart

Quionga, Mozambique


Facebook:  Makwe Mission  - http://www.facebook.com/#!/MakweMission


Celnr Moz:              +258 86 68 42 675  + Whatsapp     

                                  +258 84 228 9038  + Whatsapp

Skype:  andre-thiart

Celnr SA:             +078 348 1914   + Whatsapp

                             +073 909 5288   +Whatsapp

Stuurgemeente:  Lynnwoodrif, Pretoria. 

Kontak persoon:   Nick Olivier (serve@mission4x4.co.za) of addisioneel:- Annelize Meyer  (annelize@lynnwoodrif.co.za)   012 365 3959 / 082 433 2221

Finansies:               Elsabe Welman   (emwelman@mweb.co.za)   

Bank besonderhede:  Thiart Sendingpos, Absa Bank – 632005, 9068791513

 







Makwe Mission Quionga
Mozambique –                   
Gebedsbrief3/2015            Webblad:  www.gcx.org/Makwe_Mission
______________________________________________________________________________
 
 
Hierdie maand gee ons bietjie inligting oor die boom waaroor ons baie gepraat het tydens ons terugvoer. 
Moringa
 
Voedingswaarde  per 100 g (3.5 oz)
 
Energie             64kcal (270kJ)          


Koolhidrate                  8.28g
Vesel                            2.0g
Vet                               1.40g
Proteïne                        9.40g
 
Vitamiene
Vit A                            (47%)
                                    378
Tiamien (B1)                (22%)
                                    0.257mg
Riboflaviene (B2)          (55%)
                                    0.660mg
Niasien (B3)                 (15%)
                                    2.220mg
Pantoteensuur (B5)       (3%)
                                    0.125mg
Vitamien B6                 (92%)
                                    1.200mg
Folaat (B9)                   (10%)
                                    40µg
Vitamien C                   (62%)
                                    51.7mg
 
Spoor elemente
Kalsium                        (19%)
                                    185mg
Yster                            (31%)
                                    4.00mg
Magnesium                   (41%)
                                    147mg
Mangaan                      (17%)
                                    0.36mg
Fosfor                          (16%)
                                    112mg
Kalium                         (7%)
                                    337mg
Natrium                        (1%)
                                    9mg
Sink                             (6%)
                                    0.6mg
 
Ander bestanddele
Water                           78.66mg
 
·        Units
·        µg=micrograms
·        mg=milligrams
·        IU=International Units
 
 
 
 
§  2 maal -  die protein van joghurt
§  3 maal – die kalium van piesangs
§  4 maal – die kalsium van melk
§  4 maal – die vitamien A van wortels
§  7 maal -  die vitamien C van lemoene
 
• 92 Voedingstowwe
• 46 Anti-oxidante
• 36 Anti-Inflammatories
• 18 Amino sure, 9 noodsaaklike Amino sure
• Voed die immuunstelsel
• Bevorder gesonde bloedsomloop
• Ondersteun normale glukose vlakke

• Natuurlike teenverouderings voordele
• Voorsien anti-inflammatoriese ondersteuning
• Bevorder gesonde spysvertering
• Bevorder verhoogde  verstandelike helderheid
• Bevorder energie sonder kaffeïn
• Bevorder gebalanseerde metabolisme
• Bevorder sagter vel
• Bevorder verligting vir aknee
• Ondersteun normale hormoon vlakke
Raar vir plant material -Moringa blare bevat alle die noodsaaklike amino sure om sterk en gesonde liggame te bou.
 


 
 


Ons was nou vanaf die 18de Januarie tot gisteraand besig met gemeentebesoeke.  Baie dankie vir almal wat ons ontvang het.  Ons is regtig geseen deur julle almal.  Ons het ook gisteraand bevestiging gekry vir die pad vorentoe.  Veral ten opsigte van die vers wat Andre gedeel het tydens sy aanbieding by al die gemeentes:  Exodus 4:2 waar God vir Moses gevra het “Wat het jy in jou hand?” 


 


Ons is nou oppad grens toe soos wat hierdie brief afgesluit word.   Ons sal seker 2 of 3 dae in Maputo spandeer om Anzell te help om ‘n voertuig te soek.


 


Bid ook saam met ons vir die paaie noord.  Reen wat paaie verspoel en brue breek is ‘n realiteit hierdie dae.  Bid ook saam vir ons veiligheid.  Ook dat ons ‘n geskikte en betroubare voertuig vir Anzell sal kan bekom.


 


Ons sluit af met Jesaja 58:11


 


Die Here sal jou altyddeur lei;


selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien.


Hy sal jou sterk maak.


Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water,


soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.


 


 


 


In Christus


 


 


Andre & Anna-Marie Thiart


Quionga, Mozambique




Facebook:  Makwe Mission  - http://www.facebook.com/#!/MakweMission




Celnr Moz:              +258 86 68 42 675  + Whatsapp     


                                  +258 84 228 9038  + Whatsapp


Skype:  andre-thiart


Celnr SA:            +078 348 1914   + Whatsapp


                             +073 909 5288   +Whatsapp


Stuurgemeente:  Lynnwoodrif, Pretoria. 


Kontak persoon:   Annelize Meyer  (annelize@lynnwoodrif.co.za)   012 365 3959 / 082 433 2221


Finansies:               Elsabe Welman   (emwelman@mweb.co.za) 


Bank besonderhede:  Thiart Sendingpos, Absa Bank – 632005, 9068791513


 





Makwe Mission Quionga

Mozambique –                   

Gebedsbrief2/2015            Webblad:  www.gcx.org/Makwe_Mission

______________________________________________________________________________

 

Genade!  Dit is al amper die einde van die tweede maand van hierdie nuwe jaar!!  Ons tyd hier in die Kaap staan nou vinnig einde se kant toe.  Ons groet Donderdag  vir Armin, Saterdag  (28/2) Anna-Marie se ouers en dan is ons oppad,  maar nie te vinnig te ver nie.  Ons stop nog eers in die Karoo en vertrek dan die week daarna weer noord.  Ons beplan om teen 16 Maart deur die grens te gaan.

 

‘n Paar dae nadat ons brief 1/2015 uitgestuur is, is ons gekontak deur iemand.  Hy skenk vier bande.  Ons moet dit kom optel!  Dankie, Charles.  Ons kan met geruste harte die lang pad aanpak!  Dankie Vader vir U voorsiening deur U kinders.

 

 

Gedurende 2013 het Hannes de Villiers navorsing gedoen in Missiologie as  deel van sy studies by die Suid- Afrikaanse Teologiese Seminarium.  Die tema van die studie was “Short-Term Mission – a Current Practice in Mission.   In hierdie navorsingstuk word korttermyn uitreike gedefinieer, die Bybelse fundering ondersoek, kritiek en probleme met korttermyn uitreike bespreek, die voordele daarvan uitgelig en laastens wys hy op voorvereistes vir konstruktiewe uitreike. 

Die navorsingstuk wys op voordele en positiewe uitkomste wat die volgende insluit: 

 



  • Persoonlike geloofsgroei is ‘n gegewe uitkoms. 90% van die individue het aangedui dat hul eerste uitreik ‘n positiewe langtermyn impak op hul geloofslewe gehad het.

 

·         Verskeie van die sendelinge wie uitreik spanne ontvang, het self hul roepings ontvang tydens kort termyn uitreike. Indien ‘n gemeente dus ‘n langtermyn visie vir koninkryk uitbreiding het, is korttermyn uitreike noodsaaklik om deurlopend nuwe sendelinge te identifiseer.

 

·         Verskeie voorbeelde is gevind waar korttermyn uitreike gelei het tot ‘n groter diensbaarheid in die plaaslike gemeente.

 

·         Dit skep ‘n groter bewustheid van die werk wat op die sendingveld gedoen word, veral wanneer uitstuur- en terugvoer geleenthede geskep word.

 

 

·         Dit skep ‘n geleentheid vir mense in voltydse beroepe, om ook buite hul gewone omgewings, betrokke te wees om die Groot Opdrag uit te leef. Almal van ons is sendelinge daar waar ons elke dag is.

 

  • Korttermyn-uitreike bemoedig en versterk die sendelinge op die veld en help soms ook met fisiese behoeftes. Die plaaslike gelowiges word geestelik versterk deur die besoek van uitreikspanne.

 

  • Die plaaslike gelowiges word geestelik versterk deur die besoek van uitreikspanne.

 

  • Dit skep ‘n geleentheid vir lidmate met spesialis vaardighede om prakties 'n verskil te maak.

Korttermyn uitreike het egter ook al skade op die sendingveld veroorsaak. Dit het veral gespruit waar spanne swak voorberei het vir ’n uitreik en nie sensitief en met respek opgetree het teenoor die sendeling en die kultuur van die gemeenskap nie. Dit het dan ’n negatiewe impak gehad op die verhouding tussen sendeling en gemeenskap wanneer die span terug is huis toe.                  

 

Die slotwoorde van die navorsingstuk:
 

“In conclusion: Short-term mission is a tool that, within the context of mission and a serving attitude, has a positive and constructive contribution in the sharing of the gospel and the tangible love of Jesus” 


Indien jy die volledige navorsingstuk wil lees , kontak gerus vir Hannes de Villiers:


 

 

Gedurende ons gemeentebesoeke vertel iemand die volgende verhaal in ‘n gesprek met ons.  Iemand, wat ‘n verteenwoordiger is vir ‘n skoen maatskappy, gaan na ‘n sekere area om te gaan skoene verkoop.  Daar aangekom het hy nie lank vertoef voordat hy terugkeer en sy verslag indien.  “Dit is ‘n nuttelose saak!  Die mense het nie skoene nodig nie.  Hulle loop almal kaalvoet!”

‘n Tweede man van die maatskappy versoek om na dieselfde gebied gestuur te word met ‘n groter voorraad as die eerste man.  Nie lank na sy aankoms daar ontvang hulle ‘n boodskap wat lees:  “Stuur nog skoene!  Die mense het almal skoene nodig.  Hulle loop kaalvoet!”

Hy sê dat dit is hoe ons oor die Makwe mense voel.  Hulle is Moslems.  Hulle het Jesus nodig!

 

Gebedsversoeke:  

·         Vir mense wat gehoor gee op God se opdrag as ons ons behoeftes aan Hom bekend maak

·         Dat ons altyd rentmeesterskap sal beoefen met ons finansies, goed en in ons bediening

·         Mense van Mosambiek, Malawi en Madagaskar wat ontwortel is as gevolg van vloede.

·         Dat al die paaie en brûe begaanbaar sal wees teen die tyd wat ons beplan om terug te gaan.

·         Dat ons elke geleentheid sal aangryp om die liefde van Jesus te leef

·         Ons stuurgemeente beplan ‘n uitreik gedurende Julie

 

 

Danksegging: 

·         Goeie gesondheid 

·         Vir Sy beskerming met ons reise hier in  Suid-Afrika.

·         Vir seen op ons gemeente besoeke

·         Vir tyd saam met ons kinders en familie en ook vriende

·         Vir die beskerming van ons huis, die  mense van Quionga en hulle goed gedurende  die erge reën en wind

·         Vir ondersteuning wat ons ontvang; gebedsondersteuning van gemeentes asook individue

·         Vir gemeentes en individue se finansiele ondersteuning van God se werk in Mosambiek

 

 

 

 

In Christus

 

 

Andre & Anna-Marie Thiart

Quionga, Mozambique


Facebook:  Makwe Mission  - http://www.facebook.com/#!/MakweMission


Celnr Moz:              +258 86 68 42 675  + Whatsapp     

                                  +258 84 228 9038  + Whatsapp

Skype:  andre-thiart

Celnr SA:             +078 348 1914   + Whatsapp

                             +073 909 5288   +Whatsapp

Stuurgemeente:  Lynnwoodrif, Pretoria. 

Kontak persoon:   Annelize Meyer  (annelize@lynnwoodrif.co.za)   012 365 3959 / 082 433 2221

Finansies:               Elsabe Welman   (emwelman@mweb.co.za) 

Bank besonderhede:  Thiart Sendingpos, Absa Bank – 632005, 9068791513

 


Makwe Mission Quionga


Mozambique –                    


Gebedsbrief 1/2015            Webblad:  www.gcx.org/Makwe_Mission

______________________________________________________________________________

 

Aan almal in hierdie nuwe jaar, bid ons die vrede en vreugde van ons hemelse Vader.  Mag Sy wil geskied in 2015!

 

Ons het heerlik vakansie gehou en saam met die kinders gekuier.  Hulle is beide al weer ‘n rukkie terug in hul normale werk omgewing en ons bid ook net die beste vir hulle vir die jaar wat voorlê.


Soos baie van julle seker al verneem het, het die paaie in die sentrale deel van Mosambiek sommer vroeg in die reën seisoen al weggespoel.  Die spesifieke paaie en brûe wat weggespoel het, verbreek weer verbinding met die noordelike dele van Mosambiek.  Daar is geen manier om per pad by ons huis te kom nie, aangesien die hoofpad en ook  ompaaie verspoel het.  Bid saam vir herstel aan die paaie voordat ons weer moet terugkeer huis toe.  

 

Kragverbinding is onderbreek as gevolg van tien kragpale wat gebreek of weggespoel het.  Dit word blykbaar tydelik herstel totdat die toerusting weer aangekoop is.  Die onderbreking in die pad veroorsaak dan ook dat pryse die hoogte inskiet.  Dus kry nie net die mense in die sentrale dele wie se huise weggespoel het nie, maar ook die in die noorde, swaar as gevolg van die oorstromings!

 

‘n Sendeling in Nampula skryf as volg:

Sad state of affairs. Our fair city of Nampula has been without power for nearly a month now. Translates into no granaries working, no mass refrigeration and without ANY viable road route open (all washed away, flooded or bridges collapsed) prices are now indeed skyrocketing. THe basic staple for 99% of mozambicans is 'chima' (a corn meal)....it's price has tripled (think about it, the staple for the poorest people has tripled). Propane gas has officially run out and stores are looking to cut costs (due to running diesel generators) so local businesses are struggling.

Please pray for Mozambique.

 

The flooding situation in the Lower Shire Basin on 22 January 2015. The flooded areas were delineated with WOIS based on Sentinel-1A satellite data.

 

Ons is dan ook tans besig met gemeentebesoeke.  Ons wil graag die gemeentes wie ons reeds besoek het bedank vir hulle liefde en omgee.  Dankie vir al die bederf wat ons ervaar het.  Baie dankie ook vir die van julle wat reeds gehelp het met van die mediese voorraad wat ons daar bo gebruik.  Ons sien daarna uit om die res van julle te besoek.  Ons is jammer dat ons nie die wonderlike mense van Sutherland hierdie jaar gaan sien nie as gevolg van omstandighede buite ons beheer.  Ons vertrou dinge sal weer in orde wees vir ‘n besoek aan julle in 2016!  Ons bid vir julle as gemeente. 

 

Bid asseblief saam met ons vir finansies.  Ons ervaar net soos julle hier in Suid-Afrika, pryse is ongelooflik hoog, en ons kry hoendervleis as ons besef wat ons moet koop en watter geld daarvoor beskikbaar is.  Daar moet ook werk aan die bakkie gedoen word.  Ons het byvoorbeeld sonder ‘n waentjie Suid-Afrika toe gekom, omdat die trekstang uit gebreek het waar dit aan die bakkie vasgemaak was.  Genadiglik het dit in Quionga gebeur en nie oppad nie!  Die bakkie se bande is ook vir ons ‘n bekommernis.  Dit is goed vir gebruik hier waar mens naby plekke is wat kan help, maar nie om so ver te beweeg soos wat ons moet nie.  Andre het die voorstel van ‘n vriend gekry dat hy ‘n ander stel vellings ook probeer kry en die nuwe bande daarop sit en die ander vellings met bande hier in Suid-Afrika los en met die nuwe bande Mosambiek toe ry en dan aan die einde van die jaar weer die ander wiele opsit en hier in Suid-Afrika daarmee ry. 

 

Die Vader is vir ons baie goed!  Ons het begin dink om ‘n ander waentjie aan te skaf, maar het een persent gekry toe iemand hoor dat ons sonder ‘n waentjie in Suid-Afrika is.  Ons kan dus alles saamry waarvoor ons nie laas jaar plek gehad het nie. 

 

Liewe ondersteuner,

Dankie vir julle saamstap-pad die afgelope jaar met ons bedieningsvennote, Andre en Anna-Marie Thiart.  Weet dat julle keuse om saam met ons te saai in die Makwe volk, besig is om ‘n impak te maak in God se Koninkryk!  Hierdie oes is groot en ons arbeiders het hande en gebede nodig om hulle te bly ondersteun.  Dankie vir elkeen wat die Thiarts tydens hulle gemeentebesoeke ontvang het en moeite gedoen het om hulle gasvry te ontvang.  Ons waardeer dit opreg!  Mag ons saamreis in 2015 steeds tot opbou en seën van julle elkeen wees.

Indien jy bewus is van ander gemeentes of vriende wat  nog ‘n plek soek waar hulle kan saai in die Koninkryk, wil jy nie asseblief hierdie nuusbrief vir hulle aanstuur nie.  Daar is verskeie maniere om betrokke te raak en ‘n verskil te maak.  Persone kan aktief betrokke raak deur deel te word van die stuurspan, wat meer gereeld kontak met die Thiarts het om saam te dink en droom en beplan rondom die bediening.  Of hulle kan betrokke raak  deur gebedsondersteuning, finansiële ondersteuning of selfs deur ‘n besoek te bring in Quionga self!  Ons het ook kontakte nodig wat met praktiese aspekte kan help soos motoronderhoud, reëlings in SA tydens besoeke ens.  Kontak my of Andre-hulle gerus as jy meer hieroor wil uitvind.

Vir die Thiarts is goeie rentmeesterskap baie belangrik, nie net ten opsigte van finansies nie maar ook ten opsigte van hulle bediening.  Daarom is die stuurspan van soveel belang vir hulle.  Die stuurspan bestuur onder andere die finansies wat maandeliks inkom en laat ook die state jaarliks oudit.  Ons is tans besig met die begroting vir die jaar wat voorlê en sal dit baie waardeer as ons reeds ’n aanduiding kan kry van moontlike persoonlike- en gemeentebydraes vir 2015.  Finansiële state is enige tyd tot beskikking vir diegene wat graag wil weet hoe die geld aangewend word en wat nog nodige behoeftes is wat nie huidiglik aangespreek is nie.  U is welkom om direk met my of Andre self hieroor te skakel. 

Ek nooi ook belangstellendes uit om saam met ons die Thiarts te besoek gedurende Julie maand.  Hou die nuusbriewe dop vir meer inligting hieroor.

Seenwense

Annelize Meyer

Hoof: Getuienisbediening, Lynnwoodrif gemeente

082 433 2221


Gebedsversoeke:

  • Leiding en wysheid elke dag
  • Voorsiening vir alles wat moet gedoen en gekoop word
     
     
    Danksegging:

  • Die Here se beskerming oor ons elke dag
  • Dat ons saam met ons kinders kon kuier
  • Vir ‘n stuurspan wat saam met ons dink en bid en beplan
     
     
     
     In Christus
     
     

Andre & Anna-Marie Thiart

Quionga, Mozambique


Facebook:  Makwe Mission  - http://www.facebook.com/#!/MakweMission


Celnr Moz:              +258 86 68 42 675  + Whatsapp     

                                  +258 84 228 9038  + Whatsapp

Skype:  andre-thiart

Celnr SA:                   +078 348 1914   + Whatsapp

                                     +073 909 5288   +Whatsapp

Stuurgemeente:  Lynnwoodrif, Pretoria. 

Kontak persoon:   Annelize Meyer  (annelize@lynnwoodrif.co.za)   012 365 3959 / 082 433 2221

Finansies:               Elsabe Welman   (emwelman@mweb.co.za) 

Bank besonderhede:  Thiart Sendingpos, Absa Bank – 632005, 9068791513






Makwe Mission Quionga

Mozambique –

Gebedsbrief 9/2014


 

 

 

______________________________________________________________________________

 

Eerstens wil ons vandag om verskoning vra dat ons briewe nie so gereeld deurkom nie.  Daar het ‘n paar dinge gebeur die jaar wat dit veroorsaak.  Ons het die afgelope jare gereeld iemand gehad wat gehelp het met huiswerk.  Dit gebeur gereeld dat mens met iets besig is en iemand kom hier aan wat jou aandag benodig en dan staan alles. 

Die slegste ding wat gebeur het is die jong vrou wat hier gewerk het en wat haar man en die kerk verlaat het.   Ons het julle al vertel van Zainabo en Simao.  Zainabo is ‘n Makwe meisie wat van geloof verander het toe sy met Simao getroud is.  Alles het goed gegaan tot aan die begin van hierdie jaar, toe haar een kind uit ‘n vorige huwelik, siek geraak het en sy met haar Palma toe is na die hospitaal daar.  Sy het geruime tyd daar gebly met die kind.  Met haar terugkeer was sy anders.  Baie stories het ook die rondte gedoen van hoe haar familie in Palma haar beinvloed het en ook na ‘n Moslem geestelike toe gevat het.  Wel alles wat gebeur het, wat ons sekerlik ook nooit sal weet nie, het haar beinvloed om weer terug te keer na Islam.  Simao het op ‘n stadium met Anna-Marie kom praat en hulp vra.  Op daardie stadium het dit ook nie in hul huwelikslewe goed gegaan nie, hoofsaaklik as gevolg van vroulike probleme.  Anna-Marie het raad gegee en ook met altwee saam gepraat oor hul probleem en probeer om met mediese hulp die probleem te help regstel.  Eendag het Simao weer hier gekom en vir Anna-Marie gesê dat sy vrou beplan om die huis te verlaat.  Anna-Marie het met haar gaan praat.  Sy het toe gesê dat sy na haar ma se huis wil gaan om eers gesond te word en dan sal sy terugkom.  Daardie selfde aand het sy die huis verlaat met alle breekware, potte en selfs die bed!  Klink nie na iemand wat net vir ‘n rukkie weggaan nie!  Ons het haar weekliks besoek op ons stap-deur-die-dorp-dae.  Sy het ons altyd vriendelik gegroet en gesels.  Haar ma was baiemaal ook daar en ons het haar ook gegroet, maar die tannie lyk altyd asof sy kwaad is!  Seker maar as sy ons daar sien en dink dat ons haar kind wil wegvat.  Zainabo is toe later in die moskee voorgestel as ‘n “teruggekeerde moslem” en die mwalimo het aangekondig dat sy nou weer beskikbaar is vir enige jongman wat belangstel.  Andre het baie gesprekke met van die mwalimos gehad oor hierdie uitspraak van hulle.  Die twee jongmense is voor God steeds getroud! En hulle kan nie net besluit dat die huwelik nou oor is nie.  Dit het veroorsaak dat die mwalimos ‘n vergadering gehou het en besluit het dat hulle nie enige jong vrou kan trou as hulle nie haar skeibrief gesien het nie.  Dalk iets positief wat uit hierdie hele saak gekom het?  Andre het met van die familielede ook gepraat en volgens hulle is die huwelik ongeldig, want Simao het vir Zainabo by die familie gesteel.  Hulle het nooit ‘n gesprek gehad en toestemming gegee dat sy mag trou nie.  Wat ‘n infame leuen is!  Die twee families het gepraat en Zainabo se familie het gesien dat sy reeds besluit het en het toe haar 3 kinders, uit 2 vorige huwelike, weggevat en na hulle pa’s teruggestuur.  Sy is toe oorgegee aan Simao se familie met die woorde dat dit nou haar familie is! 

Dit is vir ons baie hartseer, maar daar is niks wat ons menslik meer kan doen nie.  Ons sien haar skaars deesdae.  Dit is asof ons haar nog nooit ontmoet het nie! 

 

Andre het vandag weer met Simao gepraat en gehoor hoe gaan dit nou tussen hulle.  Hulle praat nog op die foon, maar sien mekaar nie meer nie.  Hy het self nog niks verder aan die situasie probeer doen nie. 

Andre het hom gevra om mooi te dink voordat hy weer ‘n moslem meisie trou.  Hy sê hy sien nie kans vir die hofmakery en als wat daarmee gepaard gaan nie.  Andre het gesê dit sal dalk makliker wees as hy in ‘n area gaan bly vir ‘n tyd waar daar Christen meisies is, soos Palma byvoorbeeld.  Daarvoor sien hy ook nie kans nie!

 

 

Zainabo in haar moslem-mondering.

 

Hier volg ‘n paar foto verhale.  Die eerste gaan oor ‘n paar van die vakansie dae hier in Mosambiek.  Die volgende is van ‘n troue en wat tipies daar plaasvind.  Die derde is van ‘n besoek van die goewerneur van die provinsie.  Geniet dit!

 


 

 


 

 


 

 

 

Right where you are is where you need to be. Don't fight it! Don't run away from it! Stand firm! Take a deep breath. And another. And another. Now, ask yourself: Why is this in my world? What do I need to see?

 

 

Is daar dalk iemand daar buite wat ons wil help om ‘n vriend te help.  Eddy Kambona is ‘n evangelis in sy wese.  Hy werk vir die Here sonder om te mor oor sy omstandighede.  Hy het ons ook al baie hier kom help.  Veral met spanne vir vertaalwerk.  Eddy is Engels magtig en is dus ‘n wonderlike instrument om

Spanne te help om met plaaslike mense te kommunikeer.

 

Ons het hom gevra om ‘n stukkie te stuur oor sy studies.

I.C.M is a discipling ministry. Equipping existing church leadership. Programs offered by I.C.M.seminary.
Degree (B.A) in Bible theology.
How does the ICM seminary training look like. 
* A semi residential theological instituation training and equipping Pastors and christian leaders in an in service model.
* A resource for denominations to acquire further training for its leaders.
* Dedication to discipleship and character transformation.
  *Blend of local and international faculty who are practitioners.


Needs. school fees per year Tshs 1,500000
Two                                                                  Tshs 3,000000
Field work  two years                                     Tshs     400000
Transport two years                                        Tshs     600000
        TOTAL                                                      TSHS 4000000
      My commitment is to reach the unreached tribes along the coast of Mtwara and lLindi in Tanzania . and my neighbouring country Mozambique.
  Eddy


Eddy bly in Naliendele (naby Mtwara)en die kursus word aangebied by die universiteit in Dar Esalaam.

Die ruilkoers tussen die TZ shieling en die Rand is ongeveer 157.  Dus is Tshs 4 000 000 = ongeveer R25 500.

 

 

 

Gebedsversoeke:

v  Dat die lig vir Zainabo sal deurbreek – sy het die waarheid ghoor!

v  Dat die lig sal deurbreek vir diegene met wie daar gesprekke gevoer word in elke dag se omgang

v  Eddy en sy groot werk

 

 

 

Danksegging:

v  Die Here se beskerming oor ons elke dag

v  Goeie gesondheid

v  Geleenthede wat Hy skep dat Sy woord gedeel kan word

 

 

 

 In Christus

 

 

Andre & Anna-Marie Thiart

Quionga, Mozambique


Facebook:  Makwe Mission  - http://www.facebook.com/#!/MakweMission


Celnr Moz:              +258 86 68 42 675  + Whatsapp     

                                  +258 84 228 9038  + Whatsapp

Skype:  andre-thiart

Celnr SA:                   +078 348 1914   + Whatsapp

                                   +073 909 5288   +Whatsapp

Stuurgemeente:  Lynnwoodrif, Pretoria. 

Kontak persoon:   Annelize Meyer  (annelize@lynnwoodrif.co.za)   012 365 3959 / 082 433 2221

Finansies:               Elsabe Welman   (emwelman@mweb.co.za) 

Bank besonderhede:  Thiart Sendingpos, Absa Bank – 632005, 9068791513

 

 

 

 

 

BANKBESONDERHEDE VIR DONASIES:
KAROO WOORDVERSPREIDING
(M.H.ESTERHUYSE)
STANDARDBANK
LAINGSBURG: 051108
SPAARREKENING: 187438536
 
 

UITREIKING
6 SEPTEMBER 2014
 
SPREKER: HAMMIE (JOHAN VAN ZYL)
PRAKTIES, TASBAAR, VERSTAANBAAR, EENVOUDIG EN IN ONSE MENSE SE TAAL IS WOORD BEDIEN EN VERDUIDELIK.
 
 
 
 
RëELINGS: BASIE & RIA ESTERHUYZE EN SPAN
      
 
 
 

BRAHAM EN JOHANNA VLOK HET HUL PLAAS OOPGESTEL EN SAAM IS EET EN DRINKGOED BEDIEN OM SODOENDE DIE LIGGAAM OOK TE VOED.
 
 
 
 
 
 
 
MUSIEK BEGELEIDING: LOFTIE BAADJIES
       
 
 

SAAM BID GELEENTHEDE



WAT IS SONDE:

Wat jy doen, sê of dink waarvan God nie hou nie.

Soos skape in ‘n kraal is ons altyd veilig by Jesus in Sy kraal. Die rooikat (versoekings/duiwel) lok jou weg vanuit Jesus se kraal.  

BESEF JY IS VERLORE

JY KAN JOUSELF NIE RED NIE

JESUS IS NODIG

 

HOE LYK GELOOF:

GLO DAT WOORD WAAR IS

Jy glo dat wanneer jy ‘n blikkie Coke koop, daar wel Coke in die blikkie is…..glo dit wat in die Bybel staan wat God oor homself sê WAAR is.

GOD IS IN BEHEER EN JY KAN HOM VERTROU

Jy is soos ‘n tou wat geanker is ook aan Jesus geanker, al gooi die lewe jou rond.

JOU Oë IN JOU HART KYK VERDER

Geloof sien wat jou oë nie kan sien nie, soos ‘n verkyker.

GELOOF IS ‘N SPIER WAT GEOEFEN MOET WORD

Rugby spelers oefen om hul spiere sterk te kry, oefen (tyd saam met Jesus) elke dag.

 

HOE STOP ONS VERSOEKINGS?

HOE MEER JY TOEGEE, HOE MEER GROEI DIT

1Kor10:12&13 – weet wat is jou swak punt, vra vir God as jy nie weet nie

VERMY DIT WAT JOU VERSOEK

Bly weg van die drankwinkel as die papsak jou swak punt is

BESEF JY HET GOD NODIG, JY IS NIE STERK GENOEG NIE!

Selfs die grote Blouwalvis het ‘n vyand nl. die moordvis

GOD GEE ALTYD ‘N UITKOMS

Sodra jy voel jy gaan val, spoeg uit en kom weg!

BAKLEI TEEN GEDAGTES

God gee jou die krag om dit te doen.

 

Kerk is nie ‘n gebou nie (Handelinge 7:46). Kerk is waar jy is sodra jy hom innooi. Trek elke dag geloof aan en hou jou skild nat.

Mense kyk deur hoe jy lewe soos ‘n pyp waar uit water kan vloei, moenie ‘n prop aanskroef sodat die water nie kan vloei nie.

DOEN JY WAT MOONTLIK IS EN GOD DOEN DIE ONMOONTLIKE!

 

Besoek www.k2asociation.org om meer uit te vind oor Hammie & Alti se sendingswerk

DONASIES:

REKENING NAAM: K2 ASSOCIATION

BANK: ABSA - 632005

SPAARREKENING NO: 9161467190
 
 

Makwe Mission Quionga

Mozambique –

Gebedsbrief 6/2014


 

 

 

______________________________________________________________________________

Soos ons al reeds genoem het kom die “chefe do posto” ook kerk toe.  Die feit dat hy sê hy is ‘n Christen en nie bang is om dit te wys nie, is vir ons wonderlik.  Hy het voor ons vertrek gevra ons moet tog kyk of ons nie gehoorstel vir sy neentien jarige dogter kan kry nie.  Ons het vir hom verduidelik dat dit baie duur en gespesialiseerde toerusting is en dat die deel wat in die oor gaan vir elke individu gemaak word.

Ons het toe wel in Suid-Afrika ‘n ou stel gehoorstukke gekry, maar was nie seker of dit sou werk nie.  Ons het maar batterye gekoop en getoets en dit werk toe.  Ons het dit vir hom gegee met ons aankoms en hy is so week of twee daarna na sy dogter wat skoolgaan in Pemba.  Volgens hom was sy so dankbaar dat sy gevas het om dankie te sê vir hierdie groot geskenk.  Hy moes net probeer om met ‘n dokter in Pemba te kontak om uit te vind of hulle vir haar die stukke in die oor kon pas en maak.

 

SENDELING VRIENDE EN VENNOTE

 

In Palma is daar van laasjaaar af ‘n egpaar wat deur die sending opleiding gegaan het wat die Keniaanse sendeling, Patrick Nabwera,  op Mocimboa da Praia aanbied.  Andre het toe al vir Patrick gevra of ons maar met hulle kan kontak maak.  Hy was egter skepties en het gesê ons moet maar eers wegbly met ons westerse gewoontes van hulle af.  Dus is hulle maar so in die verbygaan gegroet as ons hulle teekom.  By die kerkplant kursus het Andre weer vir Patrick gevra of ons maar met hulle kan kontak maak.  Hierdie keer het hy ingestem. 

So het ons dan begin om Vrydaemiddae saam met Martins Chimeta en Serafina Nchebua te spandeer.  Hulle is ‘n Mosambiekse egpaar wat beide uit die Mocimboa da Praia area kom.  Hulle werk nou, net soos ons, om die Makwe mense te evangeliseer.  Ons kom bymekaar en gesels oor die werk, bid vir mekaar en vir die mense.  Hulle ervaar net soos ons die uitdaging om met hierdie mense te werk.  Die hardheid en geslotenheid van die Makwe mense.  Mense wat leuens vertel asof dit die waarheid is!  Mense wat vasgevang word deur die “outeur van leuens”.  Hulle het Vrydag, twee weke terug, hier kom kuier.  Dit is egter nie vir hulle so maklik soos vir ons nie.  Hulle het ‘n motorfiets geleen en is hierheen gebring.  Die drywer het vir hulle gewag om klaar te kuier.  Dit was dus ‘n baie gejaagde kuier.

 

GEBED VIR DIE AREA

 

Ons het op 25 Junie hierdie jaar begin met ons geestelike oorlogvoering vir die dorp en sy mense.  Ons het begin deur twee Bybelverse te plaas by al vier ingange na die dorp.  Ons het ook die ingange gesalf met olie.  Die verse is Jesaja 45:8 en Filippense 2:9-11. 

                                                                                           Ons loop nou elke Woensdag deur die dorp en bid vir die mense.  Ons groet en kuier so ver soos ons gaan.                                                                                            

 

 

 

Bid saam met ons dat die reën van redding oor hierdie mense sal uitsak en dat Sy Naam verhef sal word en elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Jesus Christus die Here is!                                                                                                          

  

 

                          

                                                                                        

 

 

Hierdie tyd van die jaar is gewoonlik die tyd wat die gemeentes in SA uitreik na die sendelinge in Mosambiek.  Vir ons persoonlik is dit altyd ‘n tyd van geestelike en emosionele verkwikking wanneer ons ‘n uitreikspan ontvang.  Dit help ons gewoonlik om weer moed te skep vir die laaste deel van die jaar.  Ons het nou gehoor dat ons nie hierdie jaar ‘n uitreikspan gaan ontvang nie.  Alhoewel dit vir ons slegte nuus is berus ons in die wil van die Vader.

Alhoewel ons baie duidelik van die Vader gehoor het dat ons in posisie moet bly raak die uitdagings soms vir ons ‘n bietjie te veel.  Miskien het Jeremia ook baie dae soos ons gevoel wanneer hy met die Israeliete gewerk het.  In Jeremia 11 en 12 kla hy by die Here oor die volk wat nie vir hom wil luister wanneer hy met hulle praat nie.  In Jeremia 12:5 antwoord die Here hom met baie harde woorde.  Wat daarop dui dat die Here iets groter vir hom in stoor het.  Die laaste tyd hoor ons allerhande stories oor ons posisie in die dorp.  Van die kerkmense hoor ons dat a.g.v die hulp wat ons aan die gemeenskap bied ons eintlik Moslems is.   Vir ons persoonlik is dit soos water op ‘n eend se rug, maar ons weet die kerkmense gooi dit na ons kant toe as ‘n beskuldiging.  Hulle verklaar ons help net die Moslems en nie vir hulle nie.  Wat natuurlik ‘n leuen is.  Ons kan self ook maar net vashou aan Jeremia 12:5 en  ook aan die wete dat Jesus nog meer valslik beskuldig was as ons. 

Daarom wil ons vra dat julle asseblief saam met ons voor die Vader sal staan en vra dat Hy ons sal beskerm en bewaar.  Dat die Vader self ons sal versterk en bemoedig sodat ons gefokus kan bly op dit wat ons hier moet doen.

Ons het hierdie bemoediging gekry nadat ons die saak met gebedsondersteuners gedeel het.

Ek lees nou weer Paulus se sendingreise. Wanneer die Jode dinge vir Paulus kom deurmekaar krap, het hulle valse beskuldiging gebruik. Dis jammer, maar dit lyk my dis deel van die voorpunt sendelinge se lot. Hulle het ‘n keer vir Paulus gestenig en vir dood gelos. Dis ‘n mooi prentjie wat ons daar sien hoe die gelowiges rondom hom staan, ophelp en versorg. Mag daar gelowiges wees wat so rondom julle staan en julle (emosionele) wonde verpleeg.

Dit kan dalk ʼn goeie ding wees om hierdie verkeerde persepsies openhartig met die leiers en meningsvormers in die gemeente te bespreek. As daar nie oop kommunikasie is nie, gedy die wanpersepsies. Dis nie maklik nie, maar weeg dit op teen die skade. Dalk doen jy dit reeds. Hou daarmee vol. Ek bid vir eenheid en begrip in die gemeente.

Ek het vanoggend Openbaring 3 gelees en by vers 8  aan julle gedink: “Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het 'n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie.”  

 

Gebedsversoeke:

v  Dat ons nie sal moedeloos raak nie

v  Dat die kerkmense die dinge sal begin begryp

v  Dat die lig sal deurbreek vir diegene met wie daar gesprekke gevoer word in elke dag se omgang

v  Wysheid om ook die baie siekes wat hierheen kom te help tot verheerliking van Sy Naam

 

 

 

Danksegging:

v  Die Here se beskerming oor ons elke dag

v  Goeie gesondheid

v  Siekes wat hierheen kom gee geleentheid om vir mense te bid

 

 

 In Christus

 

 

Andre & Anna-Marie Thiart

Quionga, Mozambique


Facebook:  Makwe Mission  - http://www.facebook.com/#!/MakweMission


Celnr Moz:              +258 86 68 42 675  + Whatsapp     

                                  +258 84 228 9038  + Whatsapp

Skype:  andre-thiart

Celnr SA:                   +078 348 1914   + Whatsapp

                                   +073 909 5288   +Whatsapp

Stuurgemeente:  Lynnwoodrif, Pretoria. 

Kontak persoon:   Annelize Meyer  (annelize@lynnwoodrif.co.za)   012 365 3959 / 082 433 2221

Finansies:               Elsabe Welman   (emwelman@mweb.co.za) 

Bank besonderhede:  Thiart Sendingpos, Absa Bank – 632005, 9068791513

 

 

 





Makwe Mission Quionga

Mozambique –

Gebedsbrief 5/2014


 

 

 

______________________________________________________________________________

Gedurende hierdie tyd van Ramadaan word ons weereens herinner aan wat die Ware God van ons verwag.  Hoe ons moet optree wanneer ons vas.


 

Jesaja 58 (1983 Vertaling)    Wys my volk op hulle oortredinge

1 Die Here sê:

Roep uit volle bors,

moet niks verswyg nie!

Laat jou stem hoor, duidelik soos 'n ramshoring!

Wys my volk op hulle oortredinge,

die afstammelinge van Jakob op hulle sondes.

2 Hulle vra wel elke dag na my wil,

asof hulle graag wil weet wat Ek van hulle verwag.

Hulle gee voor dat hulle 'n nasie is wat doen wat reg is

en hom aan die bepalings van sy God hou.

Hulle vra My wel om regverdige beslissings

asof hulle van my teenwoordigheid hou.

3 Hulle vra:

“Waarom vas ons, maar U sien dit nie, verootmoedig ons ons, maar U gee nie aandag daaraan nie?”

Dit is omdat julle op die vasdae doen wat julle wil

en die mense wat vir julle werk, nog harder laat werk.

4 Julle vasdae loop uit op twis en rusie,

julle dam mekaar met die vuis by.

Julle kan nie op hierdie manier vas

en dan verwag dat julle gebed verhoor sal word in die hemel nie.

5 Is dit ál wat Ek op 'n vasdag wil hê:

net dat 'n mens homself verneder,

dat hy sy nek buig soos 'n biesie

en in sak en as sit?

Noem jy dít 'n vasdag,

'n dag waarvan die Here hou?

6 Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie:

om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry,

om die juk wat op mense druk, af te haal,

om verdruktes vry te maak,

om elke juk te breek?

7 Is dit nie dat jy vir dié wat honger is,

van jou brood gee nie,

dat jy aan die armes en die dakloses 'n blyplek gee nie,

dat wanneer jy iemand sonder klere sien,

jy vir hom klere gee nie,

dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?

8 Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag,

jy sal gou herstel.

Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan,

die mag van die Here sal agter jou aankom.

9 Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord,

jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek!

As jy sorg dat mense nie meer by jou verdruk word nie,

nie meer gedreig en vals beskuldig word nie,

10 as jy jou wy aan dié wat honger het,

as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is,

sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is,

sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag.

11 Die Here sal jou altyddeur lei;

selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien.

Hy sal jou sterk maak.

Jy sal wees soos 'n tuin met volop water,

soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

12 Jou mense sal die ou puinhope herbou,

die fondamente herstel wat al geslagte lank bestaan.

Jy sal bekend staan as 'n volk wat sy afgebreekte mure herbou,

wat sy strate herstel sodat daar weer mense kan woon.

13 As jy nie op die sabbat oortree nie,

op my heilige dag doen net wat jy wil nie,

as jy die sabbat 'n vreugde noem,

as jy die heilige dag van die Here in ere hou,

as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie,

nie te doen net wat jy wil nie,

en nie handel dryf nie,

14 sal jy vreugde vind in die Here.

Ek sal jou die land weer in besit laat neem,

Ek sal jou laat eet van die opbrengs van die land van jou vader Jakob.

Ek, die Here, het dit gesê.

 

Die paaie suid word oral gewerk en ons is baie dankbaar daarvoor.  Die pad suid van Mocimboa da Praia word ook nou geteer.  Die gedeelte tussen Macomia en die kruising by Oasse het slegs ‘n paar kilometer oorgehad wat moes gewerk word toe ons in April daar verby is.


 Hierdie is die brug net voor Xaixai wat weggespoel het en met ‘n staalbrug reggemaak is.  Nou is daar darem weer ‘n splinternuwe brug.

 

Ons het oppad ook allerhande snaakse en soms skrikwekkende dinge gesien.  Hierdie trok,  met vrag wat geskuif het, het ons voor die Savebrug teegekom.  Hier ry hy saam met ons in die konvooi.  Ons het hom weer later die volgende dag gekry waar hulle besig was om die vrag te skuif.  Op geen konvensionele manier nie!

 


 

Die trok was aan die oorkant van die EN1, nie ver van die kruising na Quelimane nie, en die een waarvan die bed hier sigbaar is, aan ons kant van die pad.  Agter aan die trok was ‘n ketting vasgemaak wat aan die anderkant van die vrag ook vasgemaak was.  Die trok wat die vrag dra het toe agteruit beweeg, terwyl die ander trok die vrag hou en terselfdertyd ook agteruit beweeg en op die manier het hulle dit weer meer gebalanseer op die trok.  Die ketting was gespan oor die besige roete en ongeduldige taxi bestuurders het onderdeur die ketting gery sonder om eers te dink aan die gevolge as die ketting sou breek!

 

Ons was by die vulstasie en het hierdie gebeure gade geslaan terwyl ons diesel gooi.  Hier het iets baie vreemd gebeur.  Toe ons ongeveer 30km weg is van Nicuadala sien ons dat die diesel vinnig sak.  Ons het gestop en gekyk of daar nie dalk iewers diesel lek nie.  Dat ‘n klip dalk die dieseltenk getref het en ‘n gaatjie veroorsaak het.  Ons kon niks fout sien nie.  Op Mocuba, 113km van Nicuadala, het ons weer volgemaak.  Ons het 30liter uitgery van Nicuadala na Mocuba.  Ons kon tot op hede nog nie uitwerk wat kon gebeur het nie!

 

Ons het van ver af gesien dat hierdie trok aan die verkeerde kant van die pad ry.  Toe ons nader kom het ons die rede daarvoor gesien.  Sy vrag hang oor na die regterkant.  Die pad maak ‘n effense ronding na die eenkant toe en om daarvoor te vergoed ry hy aan die regterkant van die pad.


 

Hy het oorbeweeg na die linkerkant sodat ons kon verbygaan en onmiddellik weer terugbeweeg na die regterkant van die pad!

 

In Nampula by ons oorslaapplek, ontmoet ons iemand met wie ons jare terug saamgewerk het.  Dit was lekker om te gesels en te hoor hoe dit gaan en hoe dit met sy familie gaan, maar hartseer om te sien dat geld steeds, soos lank terug,  sy lewe oorheers.

 

Aankoms tuis:

 

Mense verras ons hier met ons tuiskoms.  Hulle wag altyd eers 2 of 3 dae voordat hulle kom groet.  Dieselfde middag kom 4 mense van die kerk om te groet.  Van die volgende dag kom baie mense groet en ook simpatiseer met ons met Andre se ma se afsterwe.  Baie van hulle gee ook geld.  Dit is iets baie vreemd.  Dit is nou volgens sommige van hulle omdat hulle nie die begrafnis kon bywoon nie. 

 

Oppad huis toe bly ons by sendeling vriende oor en hulle vertel van ‘n kerkplant kursus wat die volgende week in Mocimboa sal plaasvind.  Andre kontak en hulle se hy is welkom.  Hy neem die eerste dag vir Joandane saam en die tweede dag ook vir Momade. Die derde dag het Anna-Marie ook saamgegaan.   Die persone wat die kursus aanbied is ‘n Indier,  Anuroop Swamy en ‘n Amerikaner,  Neil Gamble .  Neil het oor ons geprofeteer en spesifiek dat ons ‘n “lig vir miljoene sal wees”.

 

Gebedsversoeke:

v  Leiding en wysheid

 

 

Danksegging:

v  Die Here se beskerming oor ons elke dag

v  Goeie gesondheid ten spyte van pyne wat met die ouderdom kom

 

 

 In Christus

 

 

Andre & Anna-Marie Thiart

Quionga, Mozambique


Facebook:  Makwe Mission  - http://www.facebook.com/#!/MakweMission


Celnr Moz:              +258 86 68 42 675  + Whatsapp     

                                  +258 84 228 9038  + Whatsapp

Skype:  andre-thiart

Celnr SA:                   +078 348 1914   + Whatsapp

                                   +073 909 5288   +Whatsapp

Stuurgemeente:  Lynnwoodrif, Pretoria. 

Kontak persoon:   Annelize Meyer  (annelize@lynnwoodrif.co.za)   012 365 3959 / 082 433 2221

Finansies:               Elsabe Welman   (emwelman@mweb.co.za) 

Bank besonderhede:  Thiart Sendingpos, Absa Bank – 632005, 9068791513

 

 

2 comments:

  1. 'n Week gelede is die Thiarts se voertuig in die strand gesteel. Daar is onmiddellik gevra vir gebede, en 'n wonderwerk het gebeur. 'n Dag later is die voertruig terug gevind met min skade aan. Loof die Here!

    ReplyDelete
  2. I really enjoyed reading The Swarm. It kept me engrossed from start to finish with only one or two slow bits that I still found interesting. The characters are very well written so you can get into their heads. I thought there was plenty of action interspersed throughout the story, but the non-action was just as good. Excellent explanation of the problem at hand and how it was discovered etc.


    Hair Fiber India|Hanuman Chalisa Yantra|Air Sofa Cum Bed|Zero Addiction Powder |No Addiction Powder|Fair Look Cream|Body Buildo India| Slim Pro|Step up Height Increaser

    ReplyDelete