GESKIEDENIS

Tuinplaas kerkie is die tweede oudste kerk gebou in die land wat nog eredienste in gehou word. Dit word nog deur trekboere gebruik in die winter.

Die argitek van ons kerkgebou soos ons dit vandag ken was Charles Freeman en die bouwerk is gedoen onderleiding van John Delbridge. Op 8 Mei 1899 is die hoeksteen gelê deur
ds. J.H. Neethling, hy was ook betrokke by die hoeksteen legging van die eerste kerkie in 1858. Die insameling van die fondse vir die groter kerk was gedoen onder die dienstyd van ds. W.J. Conradie.

Op 3 September 1901 is die kerkgebou deur militêre lede beset wat die kerk as fort en kaserne ingerig en met doringdraad omhein het. Groot skade is aangerig aan die gebou en meublement en dit moes alles weer herstel word. 'n Jaar nadat die kerkgebou terug gegee was, kon die leraar van Montagu genooi word om op 25 April die inwydingsrede van die kerk te hou.